Lamsblad-slaai

Kudu-burger
May 8, 2017
Hello world!
May 10, 2017

Lamsblad-slaai

Print Recipe
Lamsblad-slaai
Ek is en was nog altyd ’n slaai-liefhebber. Maar die gawe soort. Iemand het eenkeer gesê dat geen suinige mens ’n toebroodjie moet maak nie, en ek voel dieselfde oor ’n slaai. ’n Lekker slaai moet teksture hê en ek is mal oor ’n souserigheid by my slaai. Hierdie lamsblad-slaai het ons met groot sukses by Die Windpomp bedien tydens KKNK 2017. Die helder kleure van die granate en vye asook die versuikerde beet maak hierdie slaai ook ’n fees vir die oog. Die vleis was natuurlik afkomstig van Karusaf en is stadig gerooster in die oond met Nomu se lekker lamaftreksel. Die lekker van hierdie vleis is dat die hele blad gaargemaak kan word en dan gebruik kan word deur die week soos benodig. Die slaai is heerlik saam met lekker vars brood en is wonderlik vir onverwagte gaste.
Prep Time 35 minute
Cook Time 2 ure
Servings
gaste
Prep Time 35 minute
Cook Time 2 ure
Servings
gaste
Share this Recipe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *