Hello world!
May 10, 2017Melktert Kaaskoek
May 17, 2017
Print Recipe
Geroosterde Hoender- en Boneslaai
Hierdie slaai het heerlik gewerk by Die Windpomp tydens KKNK 2017 en was veral gewild op die warm dae en tydens middagete. Geroosterde hoender is altyd ’n goeie ding om in die yskas te hê en kan op soveel lekker maniere gebruik word en selfs die bene kan weer ’n aftreksel mee gekook word. Ek koop gewoonlik sommer ’n klaar geroosterde hoender. In hierdie slaai maak ek ’n lekker kombinasie met Imbo-nierbone wat ’n wonderlike stapel voedsel is en wat enige gereg kan rek. Dit is ook super bekostigbaar en kan ’n lekker aanvuller wees vir ’n hele paar geregte. Ons bedien die slaai met vars blare en ook ’n lekker B-well Creamy Gourmet kruie-mayonnaise.