PRODUKTE

Die heel beste vleis in die Hantam. Kyk gerus na ons spesialiteite hieronder.



Vleis

Dis ’n feit dat Suid-Afrikaners groot vleiseters is. Of daar nou 'n paar skaaptjoppies op die kole gegooi word of 'n hoender vir Sondagmiddagete gebraai word, behoort jy slegs die beste gehalte vleis te bedien. Nieuwoudtville Slaghuis is gesteld op gehalte en sal jou graag bystaan met jou vleiskeuse.



Boerewors

Niemand kan met sekerheid sê wie die eerste boerewors gemaak het nie. Al wat ons kan beaam is dat boerewors minstens 80% vleis moet bevat, en dan is daar natuurlik ook daardie spesiale kruiemengsel. Nieuwoudtville Slaghuis kan met trots sê hulle unieke boerewors kan kers vashou by die heel beste.



Biltong

Die lekkerny wat enige vleisliefhebber se hart so bietjie vinniger laat klop. Of jy nou rugby kyk of langpad ry, daar behoort daar altyd 'n sak biltong byderhand te wees. Besoek ons gerus om ons verskeidenheid biltongsoorte op die proef te stel en te besluit watter een jou gunsteling is.