MEER OOR ONS

Geskiedenis van
Nieuwoudtville Slaghuis


Op 1 Maart 1981 het Tienkie en Lulu Kotzé (Theunis Kotzé se ouma en oupa) Nieuwoudtville Slaghuis gekoop. Saam met hul boerdery het die besigheid van krag tot krag gegaan, en in 1997 is dit aan Marius Spangenberg verkoop.
Theunis en Marius het oor die jare groot vriende geraak en toe, presies 36 jaar na Tinus se grootouers die besigheid oorgeneem het, het hy op 1 Maart 2017 die slaghuis teruggekoop by Marius. Vandaar is die onderneming weer terug in die familie, en so bou Nieuwoudtville Slaghuis voort op ’n trotse tradisie.

'n Wye
verskeidenheid produkte


Nieuwoudtville Slaghuis verskaf ’n verskeidenheid vleis- en suiwelprodukte soos jogurt, botter, melk en kaas. Die slaghuis maak sosaties, oepsies, skilpadjies, kaaswors, spekwors, biltong, droëwors, brandrissie-happies, spekhappies en nog vele meer.

’n Verskeidenheid kruideniersware kan ook op die rakke by Nieuwoudtville Slaghuis gevind word. Daar is brood, melk, meel, kookolie, en vars groente waaronder tamaties, sampioene, blaarslaai, uie, patats, botterskorsies, skorsies, aartappels, gemengde groentepakke, roerbraai en gesnyde aartappelskyfies. Dan is daar ook visvingers, garnale, viskoekies, frikadelle, burger-patties, koeldranke, Steri Stumpies, 2l-koeldranke, aartappelskyfies, koffie, suiker en eiers. Vir die braaiers is daar hout, speserye, houtskool, vuurhoutjies en vuuraanstekers.